LyricFind Logo
LyricFind Logo
Profile image icon
Lyric cover art

Hier om te leef

Apple Music logo
Deezer logo
Spotify logo
Lyrics
Ek sien jou hart is gebreek, baby mag ek maar deur die krake kyk?
Ek sien hy laat jou in die steek babygirl jy mors net jou eie tyd
Jy kan gerus van hom vergeet, kan ek jou weer wys hoe liefde lyk?
Kan ons nou asseblief die pad vat?
Tussen lyne wegraak met 'n padkaart en 'n papsak
Honderd en sestig, vierde vyfde rat
Dans in die reën, die weerlig kan ons nou maar slat
Solank ek net jou hand in my hand kan vat
Al die pad hemel toe, my skat al die pad
Ek belowe ek sal jou by die poorte kry
Ons kan 'n rap song met die harp se note skryf
Nie ons huis nie, dis net waar ons leef
Dink nie ek is wys nie ek weet net wat ek weet
Ons is hier om te leef om te sweef, ons is hier om te leef om te sweef
Hoekom is al hierdie mense so ernstig?
Jaag in mooi karre deur die strate van Johannesburg
Elf uur in die oggend, klaar in die melkweg
Sweef tussen sterre tot die sterre aan my siel heg
Hierdie lewe is 'n game
Meditasie is 'n cheat-code
My rolmodelle is daai turtles op nemo
Hulle gaan maar net met die flow
Hulle gaan maar net met die flow
Sweer die mense verstaan nie die doel nie
Materialisme is rerig nie so cool nie
Koop jou shit opsoek na geluk as jy nie die liefde hier om jou kan voel nie
Solank ek net jou hand in my hand kan vat
Al die pad hemel toe my skat al die pad
Ek belowe ek sal jou by die poorte kry
Ons kan 'n rap song met die harp se note skryf
Nie ons huis nie dis net waar ons leef
Dink nie ek is wys nie ek weet net wat ek weet
Ons is hier om te leef om te sweef ons is hier om te leef om te sweef

WRITERS

Carel Peens, Jacobus Coetzee

PUBLISHERS

Lyrics © O/B/O DistroKid

Share icon and text

Share


See A Problem With Something?

Lyrics

Other

LyricIQ Analysis

Top Emotion

Enjoyment

Sentiment
Thumbsup IconThumbsup Icon
Theme

Coarse Language