Hoe lank gaan jy nog stilstaan
Vir 'n hand wat jou nie vat nie
Alles wat jy insit, niks wat jy uitkry
Egos lag weer in die donker
Jou twyfel trek jou onder
Laat wonde vir hulself sorg
En ek sien, ek kan weer sien
En ek voel, ek kan weer voel
Hoe ver wil jy nog wegdwaal
Wat meer wil jy nog saamdra
Vlug kaalvoet na jou onskuld
Lig jou vlerke na die sonlig
Voel die lewe op jou gesig
En ek sien, ek kan weer sien
En ek voel, ek kan weer voel
En ek hoor, ek kan weer hoor
En ek leef, ek voel ek leef
Jys gemaak vir soveel meer
Jys gemaak vir soveel meer
Jys gemaak vir soveel meer