Ek sien jou slaap in die donkerte
En die maan skilder sag op jou lyf
Ek voel jou hart teen my klop so gerus
Ek voel so veilig en geseën
Ek onthou nog die donkerte
En my soeke na die woordjie geluk
Ek het vergeefs maar probeer
Als was vals ek’t die verkeerde noot gespeel
Toe kom jy en speel die soetste melodie
En skielik word my donkerte ‘n helderlig
By jou het ek geleer hoe om weer lief te kan hê
By jou het ek geleer hoe om te leef
Jy’t die gesig van ‘n engel
Jou arm soos ‘n vlerk oop gesprei
Ek voel jou lyf teen my vel sag en koel
Ek voel ‘n vrede oor my spoel
En nooit ooit word ek weer bang nie
Jy’s my prins jy’t my hartseer weg geneem
Toe kom jy en speel die soetste melodie
En skielik word my donkerte ‘n helderlig
By jou het ek geleer hoe om weer lief te kan hê
By jou het ek geleer hoe om te leef
Toe kom jy en speel die soetste melodie (Toe kom jy)
En skielik word my donkerte ‘n helderlig (By jou het ek geleer)
By jou het ek geleer om te gee
By jou het ek geleer hoe om te leef
By jou het ek geleer hoe om te leef
By jou het ek geleer hoe om te leef