Ek verbeel my ek ry deur 'n landskapskildery
By aalwyne, spekbome en bloekoms verby
Berge bakboord, kranse stuurboord
My pad wat loop deur die vallei
Pad wat aanhou tot dit ophou
By die plek waar jy nou bly
Voet in die hoek, hand op die stuur
Bande wat suisend oor die teerpad skuur
Stapelwolke stook die skemervuur
Vroegoggend Boland tot deur die Tradouw
By Boplaas vir bottels robyne stilgehou
Graaff-Reinet en Bruintjieshoogte
Voet in die hoek, hand op die stuur
Bande wat suisend oor die teerpad skuur
Stapelwolke stook die skemervuur
So iewers padlangs verdwyn woorde en taal
Word kleure gemeng van skel na vaal
Het namiddag 'n dieper gloed in vroegaand gaan haal
Waarvan die weerkaatsing nou
Voet in die hoek, hand op die stuur
Bande wat suisend oor die teerpad skuur
Stapelwolke stook die skemervuur