Ek kan sien hoe jy vir jouself bly staar
Hoe jy sukkel om jou storms te bedaar
Ek kan sien hoe jy met jouself baklei
Ek kan sien jy struikel en hou aan gly
Want die wereld los sy merke
Breek jou af en sny jou vlerke
Jy is skaam oor letsels op jou lyf
Maar dis waaroor ek gedigte skryf
Ek kan sien hoe jy vir jouself kan kyk
Hoe jy jouself met ander vergelyk
Hoe jy wik en weeg om jouself te wees
En jy sien jou pyn as een groot reus
Jy is skaam oor letsels op jou lyf
Maar dis waaroor ek gedigte skryf
Jou imperfeksies maak jou mooi
Want dis hoe jy my in jou hart in nooi
Elke sekond wil ek by jou wees
Hou my vas ek voel jou vrees
Sal jou lief he tot ons oud is
Jy is skaam oor letsels op jou lyf
Maar dis waaroor ek gedigte skryf
Jou imperfeksies maak Jou mooi
Want dis hoe jy my in jou hart in nooi