LyricFind Logo
LyricFind Logo
Profile image icon
Lyric cover art

Asem Akoesties

Apple Music logo
Deezer logo
Spotify logo
Lyrics
Ek soek jou in die laataand nagte
Ek soek jou as die son gaan lê
Ek soek jou as die N1 stil raak om my as my woorde niks kan sê

Ek soek jou in die stil akkoorde waar die uile vir my fluit
Ek soek jou as my asem min raak wanneer jy by my spook

Soek jy my asem, dis al wat ek kan gee
Ek soek jou asem, en alles en nog meer
Niks wat ek doen nie sal jou ooit kan oortuig
Dus gee ek als vir jou, my asem blaas ek uit

Jare lank wag ek al vir jou, vir ewig sal ek jou onthou
Nog nooit kon ek myself sien leef deur die are van 'n vrou
Tog het jy my aangetrek, my wentelbaan verskuif
Ek wens dat jy my ook sien dat ek jou kan oortuig

Soek jy my asem, dis al wat ek kan gee
Ek soek jou asem, en alles en nog meer
Niks wat ek doen nie sal jou ooit kan oortuig
Dus gee ek als vir jou, my asem blaas ek uit

Ja die som van wat ek het, is nie genoeg vir jou nie
En dis diep in my gebed dat jy my vind

Soek jy my asem, dis al wat ek kan gee
Ek soek jou asem, en alles en nog meer
Niks wat ek doen nie sal jou ooit kan oortuig
Dus gee ek als vir jou, my asem blaas ek uit
Dit gee ek als vir jou, my asem blaas ek uit
O ek gee als vir jou, my asem blaas ek uit
My asem blaas ek uit

WRITERS

CHRISTIAAN KRITZINGER

PUBLISHERS

Lyrics © O/B/O DistroKid

Share icon and text

Share


See A Problem With Something?

Lyrics

Other