Ek onthou hoe pa altyd sê "was ek maar ‘n digter"
Jy het my geleer om sterk te staan, maar nou is pa weg en my hart voel leeg
Jy het my hand gevat toe ek moes dans, selfs toe jy siek was, gee jy dit nog ‘n kans
Pa het my gewys hoe om te veg, maar nou is pa weg
Jy is steeds hier, ek hoor jou se stem
Jy het gesê ek is jou se engel, maar pa jy sal myne bly
Pa was altyd, altyd simply the best!
Jy het my kar leer ry, die Uno laat stamp
Ek hoor nog jou lag vir al pa se flou, flou grappe
Ons Woensdae braai, ons dart lesse, pa se stories, jou raad, ek mis dit verskriklik
Jy het gesê ek kan enige iets wees
Jy het gesê ek moet nooit my drome vrees nie
Pa het my gewys hoe om te veg, maar nou is pa weg
Jy is steeds hier, ek hoor jou se stem
Jy het gesê ek is jou se engel, maar pa jy sal myne bly
Pa was altyd, altyd simply the best!
Vanaand sing ek weer ‘n lied vir jou
Ek weet jy luister, ek voel jou naby
Jy fluister sag, ek hoor jou sê, hou mooi styf vas aan ons tye saam
Jy is steeds hier, ek hoor jou se stem
Jy het gese ek is jou se engel, maar pa jy sal myne bly
Pa bly altyd, altyd my hero!