LyricFind Logo
LyricFind Logo
Profile image icon
Lyric cover art

Karoo-psalm (vir Deon) (feat. Johan Rautenbach)

Apple Music logo
Deezer logo
Spotify logo
Lyrics
Die nag kom vroeg in Loxton
Kruip verder oor die veld
Om minute later saggies
In Nieu-Bethesda aan te meld
Die wêreld hier word rosig
En dan 'n dieper blou
Tot die blink van al die sterre
Jou die Hemel laat onthou

Die Karoo word 'n Psalm
Wat die vlaktes stil-stil sing
Jy sal hoor as jy net luister
Dis 'n lied wat vrede bring
Hier word jy 'n enkeling
Ja, hier is jy alleen
In die Karoo wat ewig aanhou
Is ons oplaas net een

Mars word dan 'n rooi robyn
Wat helder hier kan skyn
Wat more-oggend stilweg
Bo die horison verdwyn
Saad word so 'n sonneblom
En die nag word telkens dag
Oor 'n wêreld hier wat oer en oud
Op reën se seëning wag

Die Karoo word 'n Psalm
Wat die vlaktes stil-stil sing
Jy sal hoor as jy net luister
Dis 'n lied wat vrede bring
Hier word jy 'n enkeling
Ja, hier is jy alleen
In die Karoo wat ewig aanhou
Is ons oplaas net een

WRITERS

Coenie de Villiers

PUBLISHERS

Lyrics © O/B/O DistroKid

Share icon and text

Share


See A Problem With Something?

Lyrics

Other

LyricIQ Analysis

Top Emotion

Enjoyment

Sentiment
Thumbsup IconThumbsup Icon
Theme

None

From This Artist