Vat my na die spieëlkassie toe
Water in die wasbak sal tap
Laat ek dan die dettol ruik
En weet ek sal ook anderkant uit
My skrape brand onder die watte
My skrape brand onder die watte
Vat my na die bushalte toe
Die wagkamer in die hemel voel
'N Engel wat my koors kom meet
Klem-in-die-kaak-inspuiting gee
En sê ek moes al lankal weet
Dat ek so iets maklik sou oorleef
My skrape brand onder die watte
My skrape brand onder die watte
My skrape brand onder die watte
My skrape brand onder die watte