Wat ek wou sê is nie vir almal om te hoor nie
Ek wil dit fluister teen die wind in
Sodat dit deel word van alles
Son wat padlangs uitstroom oor hierdie teerpaaie en grashellings
Wanneer ek buite loop en opkyk in hierdie rookwit lug
Wil ek jou gebare herken in wolke
Jou stem in sonsondergang-voels in stil strate
Wanneer hulle wonder en vra, wanneer jy twyfel in jou oë
Eil ek weet van diepsinnighede en gekheid en jy weet