LyricFind Logo
LyricFind Logo
Profile image icon
Lyric cover art

Dagboek (feat. Laurinda Hofmeyr)

Apple Music logo
Deezer logo
Spotify logo
Lyrics
Vanoggend swaar opgestaan, daar was ys
Op die ruite, gevurkte Maltese kruisies
Toe die kat binnekom was haar baard wit ge-ys
Die sneeu was weer etlike duim hoër
En my motor staan oortrek soos 'n sandduin
 
As die posman kom sal daar 'n brief wees
Of miskien ook nie - van iemand baie dierbaar vir my
Halfpad om die wêreld weg woon sy
Op soek na betekenis skryf ek dit alles neer
Al die dingetjies wat gebeur
 
Hoor hoe bulk die beeste om hooi, om voer
En die ganse strek hul vals trompette omhoog
Die nuus van my land is onrusbarend
My mense, arrogant, approprieer
Vir hulself al hoe meer
 
Dis beter dat ek die koerant links laat lê
Vat die sneeugraaf en grawe die kar uit
Dink aan die tulpbolle wat stilletjies aandik
En boontoe beur
Ek skryf al die dingetjies neer

WRITERS

Barend Toerien

PUBLISHERS

Lyrics © O/B/O DistroKid

Share icon and text

Share


See A Problem With Something?

Lyrics

Other

From This Artist