LyricFind Logo
LyricFind Logo
Profile image icon
Lyric cover art

Op die maan Duet

Apple Music logo
Deezer logo
Spotify logo
Lyrics
Kom saam elke dag jy wat kleef my gedagtes vas, jou siel is skaars, sinne vars
Jou woorde hang soos note, hoor jy, agter die die aarde wag, verlore ure, geduldig dag
Breek weer aan, sleep my saam, lief het ek my oë vir jou gemaak

Met jou hier op die maan
Ons skou die aarde aan
Luister ek na jou
Woorde vir my

Wentel om my heen
Op reis in hierdie baan
Wonder ek waarheen
O, waar kom ek vandaan

Kom saam jy wat lag, jy wat steel, die dief in die nag, steel my graag, opgeraap
Om deur die melkweg spoor te sny, môre is 'n ander dag
Kan vir môre sterre wag, neem jou sag met al my krag
En soos die wêreld is ons vry
Reg oor die aarde ek en jy

Met jou hier op die maan
Ons skou die aarde aan
Luister ek na jou
Woorde vir my

Wentel om my heen
Op reis in hierdie baan
Wonder ek waarheen
Waar kom ek vandaan

Ek sien jou in die son se lig
Hy gee jou ruimte, roep jou terug
En op die aarde neem ons neer
En ons word lewe weer en weer

Ek kan goed onthou soveel ruimte tussen my en jou
Twee teenpole wat mekaar vashou, kyk hoe lyk die wêreld nou (Die wêreld nou)

Met jou hier op die maan
Ons skou die aarde aan
Luister ek na jou
Woorde vir my

Wentel om my heen
Op reis in hierdie baan
Wonder ek waarheen
Waar kom ek vandaan

Met jou hier op die maan
Kyk hoe lyk die wêreld nou

Met jou hier op die maan
Kyk hoe lyk die wêreld nou

Met jou hier op die maan

WRITERS

Riku Lätti

PUBLISHERS

Lyrics © O/B/O DistroKid

Share icon and text

Share


See A Problem With Something?

Lyrics

Other

From This Artist