Verskuif die stelsels skuif vir skuif
Die sterre wat oorkant op jou wag
Is myne want ek het hulle benoem
Destyds toe ek so groot soos 'n hart
Sidderend verskuil in die gras
Dis Troos dié een, en Pyn hang daar
En dis Prins en Gele en Witter-as-Swaan
En Skottel-vol-Bessies en Stiller en Traan
Ryper-die-Graan, Pindus, Asjas, Kroos
Daan, Strooisak-vol-Vonke, Flonker en Waan
Kierieknop, Kriekdroom, ou Koue-se-Boude
En Baie Vernaam, Witperdespanne, Kruis
Sjima, en Bokjan, en Kopbeen, en Aai -
Daar trippel Kaapse Liefde
En dan, hand-in-die-sny, kom