Is dit jou man wat so lekker vir my op sy onder lip byt?
Kom ons settle dit op die runway
Jy's by die Baxter, ek's op Broadway
En as ek op die stage kom - slay
Sold out klaar vir die jaar - pay
Rol jou oë terug in jou kop
Klim uit voor ons die kas skud
Rol jou oë terug in jou kop
Een of ander tannie skree
"Watʼs besig om met hierdie wêreld te gebeur?"
Ek sê tannie nee kom sit asb moenie vrees
As jy 21 was sou ons dalk besties wees
Sambreeltjie in my drankie
Tannie sê mos moenie judge nie
Hoe kan dit wees hy speel mos rugby
Jis gelukkig was hy nooit in die scrum nie
So is dit 'n man wat 'n vrou wil wees
'n vrou wat 'n man wil wees
Of is dit net 'n mens wat weet wie hulle is
Kom ons binge watch eerder Sex and the City
(wat is Sex and the City?)
Rol jou oë terug in jou kop
Klim uit voor ons die kas skud
Rol jou oë terug in jou kop
Dieselfde bloed in jou en my
Dit maak nie saak van wie jy hou
Wat jy aantrek of hoe jy lyk nie
Doen dit met die confidence van Beyonce
Die pizazz van Elton John