Ek tik maar jy sien nie my glimlag nie
Jy tik maar ek sien nie hoe jy wag nie
Dis net beter om bymekaar te wees
Ek hoor jou stem maar ek wil vir jou kyk
Want jy laat alles sommer beter lyk
Ek wil in daai oë van jou verdwaal
Waar ons weer bymekaar is
As die verlange dalk net te veel raak
Kan jy jou oë net toemaak
Jy sal my in jou drome kry
Waar my spore jou na my toe lei
En as die stilte oor jou neer spoel
Sal jy my in jou drome kry
Waar my spore jou na my toe lei
Hoe meer ure, hoe meer mis ek jou
Ek wens jy kan my in jou arms hou
n Paar uur het nog nooit so lank gevoel nie
Waar ons weer bymekaar is