Karen onthou jy ons kuiers met koeldrank?
Alleen in die kaya van jeugtyd se groen
Onthou jy die dae van skoolbank en kersbrand?
Die nagte met honde en goed om te doen?
Ek leen jou my bicycle sonder 'n slot
Ek weet dit is laat en jou ma'le slaap
Maar ek moes net vir jou sê ek het jou lief, lief soos die Kaap
Saam het ons bulte geklim in die somer
En fietsgery al op die soom van 'n droom
Wat is jy as jy groot is, is die lewe net stroomop?
Al ons vrae het gewapper soos vlieërs aan 'n boom
Ek leen jou my bicycle sonder 'n slot
Ek weet dit is laat en jou ma'le slaap
Maar ek moes net vir jou sê ek het jou lief, lief soos die Kaap
Karen verstaan jy dat jare soos wyn
Kan oud word in kanne vol vriendskap en son?
Weet jy dit dat net kinders liewe Jesus kan liefhê?
Maar dat kinders die wêreld al meer gaan verstom
Ek leen jou my bicycle sonder 'n slot
Ek weet dit is laat en jou ma'le slaap
Maar ek moes net vir jou sê ek het jou lief, lief soos die Kaap
Ek het jou lief soos die Kaap