LyricFind Logo
LyricFind Logo
Profile image icon
Lyric cover art

Leeu-Gamka

Apple Music logo
Deezer logo
Spotify logo
Lyrics
My wiele klop deur Leeu-Gamka
Maar my hart klop, klop op 'n ander plek naby jou
Ek het saans gedans met die skemer kind
Nou is sy 'n ander man se vrou

Ek het hals-oor-kop verlief geraak maar dalk was dit te gou
Op 'n draf stap deur Leeu-Gamka weg van jou

My wiele klop deur Leeu-Gamka
Maar my hart klop, klop op 'n ander plek naby jou
Ek het weg geloop van my hart se punt en more gaan ek sekerlik berou

Ek het hals-oor-kop verlief geraak maar dalk was dit te gou
Op 'n draf stap deur Leeu-Gamka weg van jou

In die hitte van die teerpad verlang ek so na jou
Ek kan nog om draai by Leeu-Gamka sou ek wou
Ek het terug gekyk in die truspieël gewonder waar's jy nou?
In die kronkel van die toekoms lê 'n valse deel van jou

Ek kan nog om draai by Leeu-Gamka sou ek
Om draai by Leeu-Gamka sou ek
Om draai by Leeu-Gamka sou ek wou

PUBLISHERS

Lyrics © Sony/ATV Music Publishing LLC

Share icon and text

Share

See A Problem With Something?

Lyrics

Other

From This Artist