Apie het sy stert verloor in die doringboom
Apie sit en huil daaroor lanks die water stroom
Apie het sy stert verloor steek dit vas met gom
Eina tog dis pure bog wat maak ons nou met hom?
Aai jaai jaai jaai, aai jaai jaai jaai
Aai jaai jaai jaai hoor die lawaai
Aai jaai jaai jaai, aai jaai jaai jaai
Aai jaai jaai jaai onder om die draai
Apie het sy stert verloor almal lag hom uit
Apie sit en huil daaroor wie't dit afgebyt?
Apie het sy stert verloor soek dit hier en daar
Deur die dag en deur die nag maar niemand weet so waar
Aai jaai jaai jaai, aai jaai jaai jaai
Aai jaai jaai jaai hoor die lawaai
Aai jaai jaai jaai, aai jaai jaai jaai
Aai jaai jaai jaai onder om die draai
Apie het sy stert verloor hy wil net baklei
Apie sit en huil daaroor meerkat sluip verby
Apie het sy stert verloor nou word dit bewys
Meerkat het dit afgekou kom slaan hom met die vuis
Aai jaai jaai jaai, aai jaai jaai jaai
Aai jaai jaai jaai hoor die lawaai
Aai jaai jaai jaai, aai jaai jaai jaai
Aai jaai jaai jaai, aai jaai jaai