Kan jy bietjie sagter vat wil jy hê ek moet smeek
Maar dis die verkeerde been
Ag siestog my liefling hoekom het jy so gekreun
(En gaan dit oor jou been)
Tannie Gurtreida (Ag noem my sommer Gurtie)
(Hou bietjie vas my seun ek's besig met jou been)
(Nou is ek net joune, wat wil jy vra)
Tannie, tannie weet daar kom 'n tyd in elke man se lewe waar die blare op die gras val en
Mens het meer nie genoeg hande het om elkeen self op te tel nie
Dan kort jy nog 'n stel hande om jou te help en om jou op te tel
En mense, mense verander soos seisoene en winters raak koud
Lank en alleen as jy heeldag blare op tel en ek het net te veel blare in my
Ek vra eintlik vir haar hand