Ver gaan as jy ver gaan bly
Uitspoel goed se optel goed
Vir die wit geraas se gesuis
Vir die kamers sonder mense
In jou heeltyd winterhuis
Ver gaan as jy ver gaan daar
Waar alles niks se als bedaar
Eerste iets geskryf se skryf
Wat tafels vol papiere buig
Vir die wit geraas se gesuis
Vir die kamers sonder mense
In jou heeltyd winterhuis
In die silwer van die see
Vir die wit geraas se gesuis
Vir die kamers sonder mense
In jou heeltyd winterhuis
In die diepte van die see
Vir die wit geraas se gesuis
Vir die kamers sonder mense
In jou heeltyd winterhuis