LyricFind Logo
LyricFind Logo
Profile image icon
Lyric cover art

Jy Is Die Son

Apple Music logo
Deezer logo
Spotify logo
Lyrics
Die donker gaan lê, jy dans in die strale
Van wat jy wil hê, jou siel se verhale
Want niks kan die krag in jou steel as jy glo, hoop en droom

Die wolke was swart, die dae sonder kleure
Die mis om jou hart, die honderde deure
Wat drome wou keer, wou slaap in die seer wat jy dra

Maar toe skyn nuwe lig oor jou neer

Breek af die mure en skree nou die waarheid
Laat lewe die lig in jou hart
En as al die sterre verdwyn, kan jy skyn
Jy is die son

In jou is daar lewe, laat leef en vergewe
Die oorlog is lankal verby
En as al die sterre verdwyn, kan jy skyn
Jy is die son

Geen droom is te groot, om dit nie te hê nie
'n Slapende wens, sal nie ewig lê nie
Die plan van jou lewe is lankal geskryf in die wind

Die wolke was swart, die dae sonder kleure
Die mis om jou hart, die honderde deure
Wat drome wou keer, wou slaap in die seer wat jy dra

Maar toe skyn nuwe lig oor jou neer

Breek af die mure en skree nou die waarheid
Laat lewe die lig in jou hart
En as al die sterre verdwyn, kan jy skyn
Jy is die son

In jou is daar lewe, laat leef en vergewe
Die oorlog is lankal verby
En as al die sterre verdwyn, kan jy skyn
Jy is die son

Jy is die son, jy is die rede
Dat soveel harte die lig in hul oë sal vind

Breek af die mure en skree nou die waarheid
Laat lewe die lig in jou hart
En as al die sterre verdwyn, kan jy skyn
Jy is die son

In jou is daar lewe, laat leef en vergewe
Die oorlog is lankal verby
En as al die sterre verdwyn, kan jy skyn
Jy is die son

En as al die sterre verdwyn, kan jy skyn
Jy is die son"
231

WRITERS

RUDI CLAASE

PUBLISHERS

Lyrics © Universal Music Publishing Group

Share icon and text

Share


See A Problem With Something?

Lyrics

Other

From This Artist