Dis weer vakansietyd, dis rondomtalie draai
Ek gaan lekker vis vang in die hoek van die baai
Waar die sonstrale lekker op my rug kan brand
Waar ek drome kan droom met my tone in die sand
Of ek skuil in 'n grot uit die pad van die weer
En ek lag hardop want ek hoor meneer
Hy sê, staan op, sit stil, boeke oop, leer jou les
As jy weer laat kom kry jy ses van die beste
Dis weer vakansietyd, dis rondomtalie draai
En ek ry my fiets en ek maak lawaai
Waar die kranse die eggos van my stem hoor sing
En my maat is saam en ons doen ons ding
En nog 'n dag is oor en die blink son sak
En ons lag hardop want ons hoor 'n kakkerlak
Hy sê, staan op, sit stil, boeke oop, leer jou les
As jy weer laat kom kry jy ses van die beste
Staan op, sit stil, boeke oop, leer jou les
As jy weer laat kom kry jy ses van die beste
Staan op, sit stil, boeke oop, leer jou les
As jy weer laat kom kry jy ses van die beste
Staan op, sit stil, boeke oop