In die donker voel ek veilig
Net vir 'n oomblik in 'n droom
Miskien in die een kan ek weghardloop
die sterre is al lankal dood
Ja die sterre is al lankal dood
Ek kan nie wag om jou te sien nie
Altyd kniediep in die moeilikheid
Moeilik om jou uit my kop te kry
Om geld uit die man uit te kry
net-net goed genoeg te bly
Ek kan nie wag om jou te sien nie
Byt net so bietjie vas deur die nag en
Net vir 'n oomblik in die son
Die dagmerrie is amper oor
In jou arms , naak en dom
hoe baie keer was ek al amper dood
Byt net so bietjie vas vir nog 'n dag