As dit was dat ons kon terugkeer, ek en jy
Langs mekaar, na al die jare
Sou ek wou dat ons iewers in die sand
Van die Klein Karoo beland
Tot waar die hemel ons kan sien
Met oorvloed water en son
Teen mekaar, langs mekaar, my Lief
Teen mekaar, langs mekaar, my Lief
Blare wat sag aan mekaar raak
En Bloekompraatjies praat
Ons sal grysblou Bloekombome bloei
Tydsaam uitkring en langsaam groei
En soms, in die koelte van die wind
Ons takke sal die sterre tel
Elke pad in die melkweg ken
Tot by hierdie stukkie grond
Met oorvloed water en son
Teen mekaar, langs mekaar, my Lief
Teen mekaar, langs mekaar, my Lief
Blare wat sag aan mekaar raak
En Bloekompraatjies praat