Om iets te sê voor ek gaan
Dan sit ek als in my hande neer
Sodat ek joune in myne kan neem
En ek sal wag dat die wêreld wegraak vir aandag in jou oë
Ek sal seker maak jy glo my
En dat jy elke woord hoor
Die son wat op jou stoep kom dans
As hy oorneem by die maan
En 'n geliefde altyd naby
Ek wens vir jou geloof hoop liefde rus en vrede
Om iets te sê voor ek gaan
Sal ek sonder blik of bloos
Myself in die oomblik verloor
Dis onbelangrik hoe ons lyk wat ons het die plek of tyd
Liewe mens jy moet my glo
En mag jy elke woord hoor
Die son wat op jou stoep kom dans
As hy oorneem by die maan
En 'n geliefde altyd naby
Ek wens vir jou geloof hoop liefde rus en vrede
Ek wens vir jou geloof hoop liefde rus en vrede