Was ek smoordronk op jou stoep?
Het ek iemand iets hoor roep
Ek sê ons maak toe nog 'n skuif
Ek in die holte van jou lyf
Terwyl ons kyk hoe sak die son
Was daar iets wat jy wou sê?
Voel die woorde in jou longe lê
Stuur my groete aan jou stoep
Aan die mense wat jy ontmoet
En sê ek's jammer oor al die bloed
Selfs al sou ons aanhou praat
Oor die goed wat aan ons raak
Sou ons nooit dit als kon sê nie
En al sou ons kon vergeet
Sal die tyd dit nooit verdra nie
Ons was altyd amper klaar
Ek weet ek moet jou verlaat
Ek weet dit maak jou moerse kwaad
Stuur my groete aan jou stoep
Aan die mense wat jy ontmoet
En sê ek's jammer oor al die bloed