LyricFind Logo
LyricFind Logo
Profile image icon
Lyric cover art

Katinka

Apple Music logo
Deezer logo
Spotify logo
Lyrics
Toe jou pa my in daai kas kry
Het ek geweet dis dalk verby
Toe die skemer kom het geweet ek moes dalk ry
Reuk van wierook en laventel
Hang in jou ouerhuis
Donker in 'n kamer kerslig wat die liefde lui

Jou vel, jou mond, jou lyf
Tydloos hier binne my

Katinka my lyf, gee dit lief, gee dit tyd
Hou my vas soos kerslig wat die donker verlei
Katinka my lyf, gee dit lief, gee dit tyd
Katinka die waarheid sal ons s'n bly

Toe die dag aanbreek
Het ek my hart gestop, gedreun
Jou woorde eggo
Ek soek liefde ek soek meer
Reuk van wierook en laventel
Oppad na lus en leef
‘n Gewonder of die liefde proe na skemer, proe na reën

Jou vel, jou mond, jou lyf
Tydloos hier binne my

Katinka my lyf, gee dit lief, gee dit tyd
Hou my vas soos kerslig wat die donker verlei
Katinka my lyf, gee dit lief, gee dit tyd
Katinka die waarheid sal ons s'n bly
Katinka die waarheid sal ons s'n bly

Kerslig, laventel, misreën en son
Skemer, gordyne, wasem en ons
Kerslig, laventel, misreën en son
Donker in ‘n kamer, terwyl ons een word

Katinka my lyf, gee dit lief, gee dit tyd
Hou my vas soos kerslig wat die donker verlei
Katinka my lyf, gee dit lief, gee dit tyd
Katinka die waarheid sal ons s'n bly
Katinka die waarheid sal ons s'n bly
Katinka die waarheid
Toe jou pa my in daai kas kry het ek geweet

PUBLISHERS

Lyrics © DAVID GRESHAM MUSIC

Share icon and text

Share


See A Problem With Something?

Lyrics

Other