Pa ek skryf vir jou ‘n brief met min woorde
Of dalk is dit maar net om dag te sê
My lyf is moeg, my lyf is sat, hy is vol rowe
O die tye, die lewe wil meer hê
Pa ek skryf vir jou omdat ek nou so bietjie meer verstaan
O al die vrae wat ek jou nog wou vra
Mag ‘n man maar huil, mag ‘n man maar skree?
Mag ‘n man sy vrou en kind oppas teen gevare van die nag?
Mag ‘n man maar leef, mag ‘n man maar vrees?
Mag ‘n man sy lewe lank twyfel, sy alles gee en struikel?
Sy trane in gebed in die donker verruil?
My pa sou altyd sê ‘n man mag huil
Pa ek skryf vir jou ‘n brief, nie vir myself nie
Of dalk verbeel ek my dat ek jou in my sien
Jou lyf was moeg, jou lyf was sat, gooi nog ‘n sopie
Nou sit ek self en wonder hoekom dan nou nie?
Pa ek skryf vir jou omdat ek nou so bietjie meer verstaan
O al die vrae wat ek jou nog wil vrae
Maar hierdie vrae verg nugter dink my pa
Mag ‘n man maar huil, mag ‘n man maar skree?
Mag ‘n man sy vrou en kind oppas teen gevare van die nag?
Mag ‘n man maar leef, mag ‘n man maar vrees?
Mag ‘n man sy lewe lank twyfel, sy alles gee en struikel?
Sy trane in gebed in die donker verruil?
Pa sou altyd sê ‘n man mag huil
Maar ‘n man moet glo, oho
Ek hoor Ma roep weer in die donker, Pa baklei weer teen sy spoke
Want as die lewe te veel raak dan is dit ou pes wat pla
Ek hoor die kerkklokke lui, Pa staan op dat ons bely
‘n Man mag huil, ‘n man mag skree
Hy mag ‘n man sy vrou en kind oppas teen gevare van die nag
'n Man mag leef, 'n man mag vrees
Hy mag sy lewe lank twyfel, sy alles gee en struikel
Sy trane in gebed in die donker veruuil
O my Pa sou altyd sê ‘n man mag huil
Maar ‘n man moet glo, oho