Sy dra skulpe in haar hare
Sy drink gin met vars tee blare
Sy sal enige iets beproef, o Nora is soms woes
Maar Nora is ‘n hippie, sy’s ‘n liefie, sy is soet
Soet vars drywe, rooi rooiwyn lippe
En sy laat hom dink dis sy
Sy maak die manne deurmekaar en los vir hulle koud
Sy is nooit ouer as veertig
Sy lyk goed, gevaarlik, giftig
Sy sal langarm of losdans
Sy sal jou mooi laat verstaan
Kyk sy sal altyd daar wees om goeie raad te gee
Maar Nora is ‘n hippie, sy’s ‘n liefie, sy is soet
Soet vars drywe, rooi rooiwyn lippe
En sy laat hom dink dis sy
Sy maak die manne deurmekaar en los vir hulle koud
Nartjiepit sy hou van dans
Nartjie kom ons vat ‘n kans
Natjiepit se naam is Nora
Nora sal jy my nooi saam met jou vriende?
Sal jy my nooi al is ek oud?
Sal jy my deurmekaar maak, my los sommer so koud?
O jy het my hart kom steel