Tyd staan nie stil vir ons nie
Niks kan vir ewig hou nie
Nooit sal ek vergeet die tye wat ons saam gehad het
In ‘n oomblik gaan dit gou verby
Ek wens ons kon nog ‘n rukkie jonger bly, maar
Jy het nou jou eie pad en ek het myne
Ons voel dieselfde, dink dieselfde
Ek is hier vir jou (Ek is hier vir jou)
Wat jy nodig het om jou vas te hou
Jy is nie alleen (Jy is nie alleen)
Deur die wind (Deur die wind)
Deur die reën (Deur die reën)
Ek vang vir jou die son se strale
Gooi dit na jou hart se trane
Dis ‘n bitterpil om te sluk
Maar ek wens jou net geluk
Daar’s niemand wat my verstaan soos jy nie
Niemand weet waar om my hart te kry nie
Met iemand wat my so diep uit my maag kan laat lag
Ek is hier vir jou (Ek is hier vir jou)
Wat jy nodig het om jou vas te hou
Jy is nie alleen (Jy is nie alleen)
Deur die wind (Deur die wind)
Deur die reën (Deur die reën)
Al dwaal jy in die duister ken ek jou stem as jy roep na my
En as jy saggies luister die eggo van my hart sal weet waar om jou te kry
Ek is hier vir jou (Ek is hier vir jou)
Wat jy nodig het om jou vas te hou
Jy is nie alleen (Jy is nie alleen)
Deur die wind (Deur die wind)
Deur die reën (Deur die reën)