Is die verliefde man koning
Die een wat soek vir iets wat ons nie vind nie
Sodat hy kan voel wat die ander nie voel nie
Maar in ‘n wêreld vol haat
Is die gewondes almal blind
En ons val rond en breek goed
Want as ons dood is kan ons opstaan
Alles is nie in die einde nie
Alles kan nie weer oor begin nie
As jy nader was sou jy sien
Ek probeer beweeg maar al wat gebeur is my hart staan stil
Ek probeer vergewe maar al wat gebeur is my hart staan stil
Hy hang homself op met sy woorde
Hy hang homself op aan sy sinne
Ek wag vir jou om huis toe te kom
Want al wat ons het is ons woorde
En al wat ons het is ons sinne
Al julle volke klap julle hande
Hier staan ons nou met ons verbande
Die lewe ruk en rol jou rond skop skiet en donder hier lê ons op die grond
Help my nou om die plan te sien
Hoekom wil jy nie saam met my sien nie
Jy was dan heeltyd die lig aan die einde van die tonnel
En sê alles gaan okay wees
Ek probeer beweeg maar al wat gebeur is my hart staan stil
Ek probeer vergewe maar al wat gebeur is my hart staan stil
Ek probeer beweeg maar al wat gebeur is my hart staan stil
Ek probeer vergewe maar al wat gebeur is my hart staan stil
Ek wil nie meer aan jou dink nie
Ek wil jou nie meer mis nie
Ek voel jou heeltyd by my
Ek wil nie meer hierdie doen nie
Ek voel jou heeltyd by my
Kan dit nie net verdwyn nie
Ek wil nie meer ons voel nie
Ek wil nie meer jou voel nie
Ek probeer beweeg maar al wat gebeur is my hart staan stil
Ek probeer vergewe maar al wat gebeur is my hart staan stil