In die sand wat ons harte skei
Kyk. Daar's 'n klip. In jou hand
Want aan jou kant van die lyn, lyk alles goed en rein
'N kontras teen die vuil, waar my skande le en huil
En die klip raak jou verweer, teen die haat wat jy nie keer
Want doodmaak is mos reg, om my skande te beveg
Ek verdien, nie genade nie
Het die lyn dalk jou hart ontbloot?
Want aan my kant van die lyn, meng skande met die rein
Die goeie en die sleg, is die heeltyd in geveg
En jou klip verloor die mag, om jou oordeel te bekrag
Hoe onbeskryflik groot, sy genade in my nood
Daar is 'n lyn. Daar is 'n lyn
Teen jou hart se luid protes, ek is nog in proses
Daar is 'n lyn. Daar is 'n lyn
Teen skynheiligheid se kroon, dit word nie hier beloon
Daar is 'n lyn. Daar is 'n lyn
Teen mag se wanbalans, hier kry mens nog 'n kans