Onthou jy vroegoggend, rug teen die wind
Onthou jy knopknieë en hoe om telag soos n kind
Onthou jy daai dae het potlode nog kleur gehad
En as iets ons pla kon ons tussen die bome wegraak
Ek onthou die dae toe ons fotos in kleur was
Uitgeklee in skooldas en glimlag die kak wat ons aanjaag was
Pragtig en lelik, verward en volkleur
Dae was donker maar ons was die sonlig
Die reën in my jeug sit nog aan my ou klere dit sal net een keer kom
Onthou jy wandeling, doelbewus rigtingloos
Onthou jy verlore kind oggendsweet en nagterus
Ek onthou die dae toe ons fotos in kleur was
Uitgeklee in skooldas en glimlag die kak wat ons aanjaag was
Pragtig en lelik, verward en volkleur
Dae was donker maar ons was die sonlig
Die reën in my jeug sit nog aan my ou klere, dit sal net een keer kom
Die reën in my jeug is lankal vergete laat die nuwe jare blom