As jy net een tree kon vorentoe gee
As jy net kon leer om voluit te kan leef
As jy net kon, as jy net kon, as jy net kon
As elke klip net uit jou pad kon rol
As elke storm net om jou kon stol
As die berge net kon verkrummel en op kon breek
En jy al die gevoelens in die pad kon steek
As jy vir oomblik net kon ophou bekommer
En oor al die vrae sonder antwoorde kon wonder
En die verlede as 'n trap gebruik
Skuif jou oë, weet dis klaar,
Al die krag en die oorwinning is daar
Die klip voor jou hart is weggeskuif
As jy inspirasie 'n tweede kans kon gee
As jy vir die stemme wat jou afraai doof kon wees
As jy net kon, as jy net kon, as jy net kon
As elke klip net uit jou pad kon rol
As elke storm net om jou kon stol
As die berge net kon verkrummel en op kon breek
En jy al die gevoelens in die pad kon steek
As jy vir oomblik net kon ophou bekommer
En oor al die vrae sonder antwoorde kon wonder
En die verlede as 'n trap gebruik
Skuif jou oë, weet dis klaar,
Al die krag en die oorwinning is daar
Die klip voor jou hart is weggeskuif
Hoor Sy stem, jy kan beweeg
Hy sal nuwe asem aan jou lewe gee
Hy versterk jou hande en jou knieë
Wees braaf en neem die tree
Skuif jou oë, weet dis klaar,
Al die krag en die oorwinning is daar
Die klip voor jou hart is weggeskuif