Dis langnaweek en die bakkie is gepak
My vrou is in en my skoonma is op die dak
Al die pelle het al vroeg bosveld toe gery
Ek moes eers vir die honde kos gaan kry
Toe ons grondpad tref word die eerste een geknak
My mond is droog, ekke voel hoe my tong teen my wang vasplak
Toe sien ek in die verte 'n rooksein wat waai
Ou Piet wat skree, "Bly kalm, ons gaan nou braai"
Klap 'n kort een vir die vrouens
'N Happy wife is 'n happy life, my bra
Stuur 'n rooksein, morsekode
Dis tyd vir nog 'n bosveld vastrap, ja
Brannewyn prop is plat getrap
En die vrouens kla, want die vleis is noggie gaar nie (hik maar die bottel is)
Die kinders soek sandkrokodille
En ouma meng haar pille, want sy weet nie waar’s haar brille nie
Mampoer tref, raak ons lekker zef
Ons speel boeretunes en konsertinablues vanuit die bakkieseats
Ons gooi meel op die vloer, laat die voete roer
En ons skoffel tot die jakkals koning kraai
Klap 'n kort een vir die vrouens
'N Happy wife is 'n happy life, my bra
Stuur 'n rooksein, morsekode
Dis tyd vir nog 'n bosveld vastrap, ja
Klap 'n kort een vir die vrouens
'N Happy wife is 'n happy life, my bra
Stuur 'n rooksein, morsekode
Dis tyd vir nog 'n bosveld vastrap, ja
Klap 'n kort een vir die vrouens
'N Happy wife is 'n happy life, my bra
Stuur 'n rooksein, morsekode
Dis tyd vir nog 'n bosveld vastrap, ja
Kom ons braai nou maar die vleisie
En da verloopdop met 'n ysie
Dis tyd vir nog 'n bosveld vastrap, ja