LyricFind Logo
LyricFind Logo
Profile image icon
Lyric cover art

Selfmedikasie

•

2017

B2CY

Apple Music logo
Deezer logo
Spotify logo
Lyrics
In Bellville op die strate, niks om te doen op Woensdae-aande
Ek het gesê ek sal nie kak aanjaag nie
Lê my kop neer, wil nie ophou raas nie

Dit was Woensdagaand 27 April 1994
Hy was 13 jaar oud naïef en onbewus, maar ja

Jy behoort te weet jy kon my enige tyd in die middel van die nag, by die vulstasie kry
Een leë coke bottel vol petrol, vlam-pentagram, skool-sportgrond

Band-name, knipmes, skoolbank
Daar was verandering in die lug
Die velkleur van beheer was die enigste verandering

Harde negatiewe musiek het my lewe gered (Het my lewe gered)
Dit hou my kalm soos 'n landmyn, ek bly
Ek bly stil soos 'n bom, ek bly stil soos 'n bom

Ek onthou Desembervakansie wat nooit ophou nie
En my ontwikkeling is onder huisarres
Ons naai en suip net nie meer in parkies nie en gaan net kerk toe as daar begrafnis is

Band-name, knipmes, skoolbank
Dit sal nogsteeds daar wees onder al die vernis
Verandering is die enigste konstante (Whatever)

Harde negatiewe musiek het my lewe gered (Het my lewe gered)
Dit hou my kalm soos 'n landmyn, ek bly
Ek bly stil soos 'n bom, ek bly stil soos 'n bom

Die verkeersligte hou ons dop soos ou-regime robotte, agter in tuine buig slap gerookte nekke in wendy-huise vooroor
Tussen die gras wat kniehoogte is wat maagdevliese soos knipmesse insluk is daar niks om te doen in Bellville nie?

In Bellville op die strate, niks om te doen op Woensdae-aande

WRITERS

Yoshihiro Ike

PUBLISHERS

Lyrics © Sony/ATV Music Publishing LLC

Share icon and text

Share


See A Problem With Something?

Lyrics

Other

More From This Album

Lyric cover art

Selfmedikasie

2017

From This Artist