LyricFind Logo
LyricFind Logo
Profile image icon
Lyric cover art

Jou Nuwe Begin

Apple Music logo
Deezer logo
Spotify logo
Lyrics
Gedink geloof is deel van jou
Als reg gedoen, mooi voorgehou
Maar toe val als plat
En jy is in n gat

Of dalk het jy nog nooit gehoor
Van Jesus of Sy engele koor
Jy voel so leeg
Maar het jy al oorweeg?

Daar's n God wat jou wil ken
Sy Seun het aan die kruis gewen
Jesus is Sy naam
Vandag nooi Hy jou saam!

Dis jou nuwe begin
Jesus het alles oorwin
En jy weet jy's Sy kind
Was verlore maar nou gevind

Dis jou nuwe seisoen
Christus het alles versoen
Jy's verlos en bevry
Nuutgemaak want Jy't Hom gekry

Eens op n tyd Hom wel vertrou
Met jou hart, jou toekoms, als van jou
Toe't iets jou hart geskeur
Voel Hy stel jou teleur

Daar's n Pa wat vir jou wag
Sy Seun gee jou die krag
Jesus is Sy naam
Vandag nooi Hy jou saam

Dis jou nuwe begin
Jesus het alles oorwin
En jy weet jy's Sy kind
Was verlore maar nou gevind

Dis jou nuwe seisoen
Christus het alles versoen
Jy's verlos en bevry
Nuut gemaak want Jy't Hom (Hy't jou) gekry

Sonde, siekte, sak en as
Of salwing, seening, skoon gewas
N Keuse kanselleer jou dood
Genade onbeskryflik groot

Dis jou nuwe begin
Jesus het alles oorwin
En jy weet jy's Sy kind
Eens verlore maar nou gevind

Dis jou nuwe seisoen
Christus het alles versoen
Jy's verlos en bevry
Nuutgemaak want jy't Hom gekry

Dis my nuwe begin
Jesus het alles oorwin
En ek weet ek's Sy kind
Was verlore maar nou gevind

Dis my nuwe seisoen
Christus het alles versoen
Ek's verlos en bevry
Nuutgemaak want hy't my gekry

My nuwe begin
Jou nuwe begin

WRITERS

Heinz Winckler

PUBLISHERS

Lyrics © Sony/ATV Music Publishing LLC

Share icon and text

Share


See A Problem With Something?

Lyrics

Other

From This Artist