LyricFind Logo
LyricFind Logo
Profile image icon
Lyric cover art

My Hart Bly In 'n Taal

•

2016

Bicycle sonder 'n Slot

Apple Music logo
Deezer logo
Spotify logo
Lyrics
Karin, onthou jy ons kuiers met koeldrank
Alleen, in die kaya van jeugtyd se groen
Onthou jy, die dae
Van skoolbank en kersbrand
Die nagte
Met honde en goed om te doen

Ek bring vir jou blomme
Ek gee jou genot
Ek leen jou my bicycle sonder ‘n slot
Ek weet dit is laat
En jou ma-hulle slaap
Maar ek moes net vir jou sê
Ek het jou lief
Ek het jou lief soos die Kaap

Saam het ons bulte
Geklim, in die somer
En fiets gery, al om die soom van ‘n droom
Wat is jy as jy groot is, is die lewe net stroomop?
Al ons vrae het gewapper soos vlieërs aan ‘n boom

Ek bring vir jou blomme
Ek gee jou genot
Ek leen jou my bicycle sonder ‘n slot
Ek weet dit is laat
En jou ma-hulle slaap
Maar ek moes net vir jou sê
Ek het jou lief
Ek het jou lief soos die Kaap

Karin, verstaan jy, dat jare soos wyn
Kan oud word, in kanne, vol vriendskap en son
Weet jy dit, dat net kinders liewe Jesus kan liefhê?
Maar dat kinders die wêreld alleen gaan verstom

Ek bring vir jou blomme
Ek gee jou genot
Ek leen jou my bicycle sonder ‘n slot (Sonder ‘n slot)
Ek weet dit is laat
En jou ma-hulle slaap
Maar ek moes net vir jou sê
Ek het jou lief
Ek het jou lief soos die Kaap
Ek het jou lief soos die Kaap

WRITERS

KOMBUIS KOOS

PUBLISHERS

Lyrics © Warner Chappell Music, Inc.

Share icon and text

Share


See A Problem With Something?

Lyrics

Other

More From This Album

Lyric cover art

My Hart Bly In 'n Taal

2016

01

Sonvanger

Corlea, Refentse, Theuns Jordaan

02

Oom Faan se Plaas

Refentse

03

Ou Ryperd

Refentse

04

Blommetjie Gedenk Aan My

Refentse

05

Baby Wat Eet Ons Vanaand?

Refentse

06

Meisie sonner Sokkies

Refentse

07

Bicycle sonder 'n Slot

Refentse

08

Pampoen

Refentse

09

Sally Williams Nougat

Refentse

10

Halala Afrika

Refentse Morake

11

Laurika Rauch Medley

Refentse

12

Koos Du Plessis Medley

Refentse