LyricFind Logo
LyricFind Logo
Profile image icon
Lyric cover art

Pamperlang

•

2006

Anton Goosen Mengelmoes

Apple Music logo
Deezer logo
Spotify logo
Lyrics
Huismoles in sy fles
Een, twee, drie, vier, vyf, ses
Boy van die suburbs gaan kuier vanaand

Die langnaweek sak hy af
Durbs toe en weer terug
1000cc brul deur die lug

Hy luister na Elvis en die hartseer Sonskynsusters
Sussie speel hom saam op die hawaiian kitaar
Kabouter by die voorhek en ‘n vistenk in die sitvertrek
‘n Taai ding langs die sifdeur wat die goggas laat vrek

Boy van die suburbs
Boy van die suburbs
Boy van die suburbs
Gaan die ysterperd slaat

Boy van die suburbs
Boy van die suburbs
Boy van die suburbs
Gaan die ysterperd slaat

O die Stellenbosch se nonnatjie roep my
Roep my na die Eikeland
Sy's die mooiste blom wat uit die Matieland kom
Sy roep my en ek moet gaan

O my Stellenbosch se nonnatjie roep my
Sê sy is lief vir my
Ek verlang so erg na die Pappegaaiberg
Sy't gesê ek kan haar kry

‘n Vroumens is nes ‘n wille blom
As jy pluk dan verlep hy gou
En ‘n roos het dorings om jou weg te hou
‘n Manier om te sê ek's lief vir jou

Die mansmens is ook ‘n snaakse ding
Sêjy nee dan kerm hy ja
Soos ‘n kind wat skrou en aanhoudend pla
‘n Manier om ‘n ja woord wel te vra

O my Stellenbosch se nonnatjie roep my
Roep my na die Eikeland
Sy's die mooiste blom wat uit die Matieland kom
Sy roep my en ek moet gaan
Sy's die mooiste blom wat uit die Matieland kom
Sy roep my en ek moet gaan

Dis net die wind, die wind
Die wind my kind
Dis net die winde van verandering wat waai

Dis net die wind, die wind
Die wind my kind
Dis net die winde van verandering wat waai

Hoe lank gaan die vrae van ons vra nog gevra word?
Hoe lank voor die vrae met ‘n antwoord stil gemaak word?
Wie is almal ons wat saam ry op die wa?
Wie is die ons in ons vir jou Suid Afrika?

Moenie omkyk nie
Moenie terugkyk nie
Moenie bang wees nie, daar's nie sout pilare nie

Dis net die wind, die wind
Die wind my kind
Dis net die winde van verandering wat waai

Sy dra twee klein kalbassies
Sy dra twee klein kalbassies
Sy dra twee klein kalbassies liefde

Sy dra twee klein kalbassies
Sy dra twee klein kalbassies
Sy dra twee klein kalbassies liefde

Saans as die son met sy kop op die skurwe berg lê
En die skemer daar voor die langgras deur
Daar's ‘n tent wat hier onder die Suiderkruis staan
‘n Ding van klip gebou, ‘n Kaya teen die stormweer

En dié bokkie van my sy staan by my, sy staan by my
Sy's lief vir my, sy's binne my, sy's rondom my
Sy praat met my in stilte
Sy praat hier binne my

Bokkie wil jy my hê?
Bokkie wil jy by my kom lê vanaand?
In die holtes van my hande
In die holtes van my hande

Sy dra twee klein kalbassies
Sy dra twee klein kalbassies
Sy dra twee klein kalbassies liefde

Sy dra twee klein kalbassies
Sy dra twee klein kalbassies
Sy dra twee klein kalbassies liefde

Moratiwa, waka ke moya
Kewaka, o monyane, molifatsheng
Moratiwa, waka ke moya
Kewaka, o monyane, molifatsheng

Mag dit goed gaan met jou Moya
Mag God vrede vir jou gee
Mag jy nooit bang hoef te wees nie
Mag jy liefde om jou hê

Mag jou hart vir almal oopgaan
Mag jou drome ver paaie streef
Mag jy leef om die wind onder jou vlerke
Met alle mense om jou te deel

Want as my Moya lag lui die klokke in die hemel, as my Moya lag
Lui die klokke in die hemel
Moya, boya ba go bitsa, ke Mpho wa ka

Want as my Moya lag lui die klokke in die hemel, as my Moya lag
Lui die klokke in die hemel
Moya, boya ba go bitsa, ke Mpho wa ka

Moratiwa, waka ke moya
Kewaka, o monyane, molifatsheng
Moratiwa, waka ke moya
Kewaka, o monyane, molifatsheng

‘n Skraal wind waai oor nghoeniebosse op die pad buite Uniondale
Elke paasnaweek staan die spookmeisie daar as die herfswind hoeka al huil
Met haar lang swart hare onder sekelmaan tuur sy oor die vlaktes haai
En haar klere blink spookagtig saam en haar duim vra om haar op te laai

En die kammanassie bergspook geil as hy klippe berg-af rol
En die spookmeisie van Uniondale wat duimry en droewig sing

Blommetjie gedenk aan my en sy lig haar duim na bo
Blommetjie gedenk aan my sing die spook van die Klein Karoo
Blommetjie gedenk aan my en sy lig haar duim na bo
Blommetjie gedenk aan my sing die spook van die Klein Karoo

WRITERS

Anton Goosen

PUBLISHERS

Lyrics © Sony/ATV Music Publishing LLC

Share icon and text

Share


See A Problem With Something?

Lyrics

Other

More From This Album

Lyric cover art

Pamperlang

2006

From This Artist