Miskien is dit verby, of het dit nou net begin?
Dis aande soos vanaand wat dit moelik maak om te sing
Ek weet dat dit nie die eerste of die laaste keer sal wees
Maar soms lyk alles bietjie moeiliker, so donker en vergeefs
Tussen deur die trane die swaarkry en die sweet
Voel dit tog op die ou end of alles ok gaan wees
Maar ek weet dat dit net die reën en weer daar buite is
Wat sal maak dat ek weer omkyk om te voel of ek jou mis (Dis die storie van my hart)
Dis die storie van my hart
Want daar’s altyd iewers hoop
Al lyk dit soms verniel, ja dis die storie van my hart
Want daar’s altyd iewers hoop
Al lyk dit soms verniel (Storie van my hart)
Soms sal jy onthou, en soms sal jy vergeet
Die donker bly jou voor waarheen wie weet
Maar die wind sal weer gaan lê, en die son weer helder skyn
En die hoop sal kom in oorvloed, soos bloeisels van satyn (Dis die storie van my hart)